Vlieg saam ons, eerder as om alleen loop
Voel jy soms oorweldig? Is jy oorlaai met administratiewe take en het jy nie tyd vir dit wat jy die meeste geniet nie – om jou kliënte te adviseer? Voel jy voortdurend asof jy agterstallige werk moet inhaal, asof jy net nie voorkom nie? Het die vreugde van jou werk as adviseur verlore gegaan tussen die berg van papierwerk? Laat ons jou wys hoe om tyd vry te maak sodat jy weer kan doen wat jy die meeste geniet. Laat ons toe om die vreugde terug te bring na jou rol as adviseur.
STEL JOU VOOR JY HET KLIËNTE WAT ALTYD BLY IS OM JOU TE SIEN
Word deel van 'n span met 'n wennende suksesrekord en ‘n beleggingstrategie wat deegliks op die proef gestel is. Ons het moeilike tye deurstaan en na vore getree as baanbrekers in ons bedryf. Ons weet wat vir afgetrede kliënte van die grootste belang is en waaraan hulle werklik behoefte het. Ons voorsien jou van die nodige hulpmiddels om jou kliënte beter te kan bedien – nie dié waarmee adviseurs hulself onnodiglik besig hou bloot om kliënte valslik te beïndruk nie. Geen nagmerries oor nakoming of administratiewe kopsere meer nie – net kliënte wat altyd bly is om jou te sien.
STEL JOU VOOR JY RAAK NOOIT WEER AAN PAPIER NIE
Ons stelsel is deur 'n Welvaartadviseur, vir Welvaartadviseurs ontwerp. Stel jou voor jy sit by 'n kliënt en registreer hulle op 'n iPad; waar die dokumente wat hulle sopas geteken het onmiddellik aan hulle en jou ge-epos word, terwyl jy nog voor hulle sit; en dit alles binne minder as 20 minute? Klink dit soos ‘n fabel? Dis ons realiteit! Geen voorafgaande beplanning is nodig nie, daag net op by nuwe kliënte en teken hulle daar en dan op. Jip, dis so eenvoudig soos dit!
ONS HAAL DIE DRUK VAN JOU AF OM PERMANENT OP DATUM TE MOET BLY MET WAT AANGAAN IN DIE MARK
Five Two Wealth doen die marknavorsing, kies die fondse, gee die strategie waarvolgens die fondse belê moet word EN doen video aanbiedings om jou kliënte op hoogte te hou met hoe, wat in die mark aangaan hulle beleggings affekteer. Ons neem die verantwoordelikheid op wat jy huidiglik het vir fondsgroei en die risiko daaraan verbonde. Jy bly verantwoordelik vir alle finansiële-, belasting- en boedelbeplanning. Kliënte word 1% beplanningsfooi en 1% deurlopendefooi gevra, wat ons dan 50%/50% deel. Ons maak jou werk ligter, sodat jy kan doen wat jy geniet en - om saam met jou kliënte om die tafel te sit en hul te adviseur oor hul persoonlike finansiële sake. Ons voorsien vir jou sisteme wat dit maklik maak om te fokus om jou kliënte beter te diens. Ons sisteme maak jou werk moeiteloos wat vir jou baie vryetyd koop - kies jy hoe jy dit wil spandeer! Hetsy jy ekstra kliënte wil werf, jou huidige kliënte beter wil diens, meer tyd met jou familie wil spandeer of gholf wil gaan speel, die keuse is joune. Die moontlikhede is eindeloos.
REDES OM BY ONS AAN TE SLUIT
Bespreek ‘n Afspraak
Laat ons jou wys hoe ons interne beleggingstrategie en -stelsels vir jou kan werk.
FIVE TWO WEALTH - FD 55875
4 Comrie Road, Westville, 3629
info@fivetwo.co.za
Kantoorure
Maandag – Vrydag
8:00 – 17:00
© 2026